Klip

Graniet is 'n aggregaat van onder meer kwarts en kaliumveldspaat en is baie gewild in bouwerk.

Klip is ’n harde gesteente van wisselende samestelling, ouderdom en grootte. So verskil die klip in die Malutiberge by Lesotho, die Magaliesberge, die Alpe, die Andes, Mauna Kea in Hawaii en die Cordillera-bergreeks in die weste van Amerika in voorkoms en samestelling. Die klip in die omgewing van Pringlebaai in die Wes-Kaap lyk anders as die klip in Irene in Gauteng. En die spoelklippe en seesand (fyn stukkies klip) op Bloubergstrand verskil van klipgruis afkomstig van Cullinan of Rustenburg.

Klip is meestal aggregate (die eindprodukte van verskillende samestellende voorafdele), soos die stollingsgesteente graniet, wat hoofsaaklik uit kaliumveldspaat en kwarts bestaan en baie gewild is in bouwerk. Tog is daar klip wat byna heeltemal uit een mineraal saamgestel is, soos kwartsiet en kalksteen.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy